Koffie Met Katryn

Sat Feb 29, 09:30 - Sat Feb 29, 12:30

Nectar and Spice

ABOUT

Koffie Met Katryn


Koffie Met Katryn is 'n intieme kuier met internasionale model, Katryn Kruger. Sy bied hierdie "kuiers" aan vir vroue met wie sy haar lewensverhaal as ook die lesse wat sy oor die jare geleer het, deel.


Sy is op die ouderdom van 15 deur 'n modelagentskap raak gesien en het op 16 die Moederstad verlaat om voltyds modelwerk te doen in stede soos New York, Londen, Milan, Parys en Munich. Sy het vinnig groot sukses behaal in haar loopbaan en het vir gesiene modehuise soos Valentino, Louis Vuitton, Prada en Ralph Lauren, om maar net 'n paar te noem, geloop. Sy het ook groot veldtogte met die bekendstes in die industrie geskiet, soos die Prada veldtog met beroemde fotograaf Steven Meissel. Ander groot name met wie sy al geskiet het sluit in Dior, Oscar de la Renta en Coach. Sy het ook in amper elke glanstydskrif verskyn soos Vogue, Elle en Harpers Bazaar.


Agt jaar later reis sy minder oorsee vir werk, maar fokus nou meer op haar motiveringspraatjies en vroue-oggende: Koffie Met Katryn. By #KMK kuier Katryn aan tafel met die gaste, deel sy openlik haar storie en gee ook vir vrouens die geleentheid om hulle stories, of dit wat op hul hart is, te deel.


Wanneer: Saterdag 29 Februarie

Tyd: 9:30 - 12:30

Waar: Nectar And Spice

Pasitastraat 19, eenheid 2,

Rosenpark, Bellville

Kaapstad


(Nectar And Spice: 071 609 4238)


Jou kaartjie sluit in 'n lekker geskenkpakkie asook eet en drink goed.

10% van elke kaartjie verkope word aan die Kenzie & Toto Fonds geskenk, en hierdie geld gaan na dierebeskermings-organisasies of diereskuilings.


Hoop om julle daar te sien!


#KMK

DIRECTIONS

Koffie Met Katryn
Nectar and Spice
19 Pasita St, Rosenpark, Cape Town, 7550
Get Directions