Sakeontbyt: Die moets en moenies wanneer jy netwerk EN Besigheidsplan-afrigting (maak jou plan vir jou deure oop of toe?)

Fri Jan 24, 08:00 - Fri Jan 24, 14:00

Sakeliga

ABOUT

Sakeliga se sakeontbyte is baie gewild en verkoop gewoonlik binne vyf dae uit. Hierdie sakeontbyt het twee sessies.


SESSIE 1: Die geheim om suksesvol te netwerk...

Weet jy hoe om jouself en jou besigheid suksesvol bekend te stel? Is jy voorbereid vir jou volgende ontmoeting met iemand met wie jy moontlik kan sake doen? Ons leer jou wat in jou "elevator pitch" moet wees EN oefen dit prakties in. Kom ontmoet en netwerk met nagenoeg 100 mense!


SESSIE 2: Sluit jou besigheidsplan vir jou deure oop of toe?

Fergus Ferguson van Fergusmor ActionCoach is aan die woord om die inhoud van jou besigheidsplan te bespreek. Met 'n goeie besigheidsplan kan jy nie net finansieringsdeure vir jou besigheid oopmaak nie, jy kan ook baie akkurate vooruitskattings doen oor jou besigheid se posisie in die volgende drie tot vyf jaar. Uiteindelik word dit ook die maatstok waarteen jy jou sukses kan meet.


FUNKSIEBESONDERHEDE:

Datum: 24 Januarie 2020

Tyd: 08:00 - 14:00 (registrasie en ontbyt om 08:00, die program begin 08:30)

Plek: Sakeliga, Gerhardstraat 117; Die Hoewes, Centurion (Soek "SAKELIGA" op Google Maps)

Koste: Lede van Sakeliga en die LWO, Kragdag-uitstallers en adverteerders by PretoriaFM betaal R250. Enige ander sakepersoon betaal R500.


Sluit aan by Sakeliga: https://www.sakeliga.co.za/sluit-aan/

DIRECTIONS

Sakeontbyt: Die moets en moenies wanneer jy netwerk EN Besigheidsplan-afrigting (maak jou plan vir jou deure oop of toe?)
Sakeliga
109 Gerhard St, Die Hoewes, Centurion, 0163
Get Directions