Family friendly

Aanskou die mens

Sun May 26, 17:00 - Sun May 26, 18:15

NG Kerk Helderberg

ABOUT

Winand Grundling, bekroonde orrelis en wenner van drie Kanna-pryse, improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die Hindenburg-lugramp, die atoombomaanval op Hirosjima, die maanlanding, die eerste hartoorplanting, die dood van prinses Diana, die gebeure van 9/11, die Covid-19-pandemie en die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning in 2023. Die geliefde akteur en stemkunstenaar Johann Nel dra die destydse brekende nuus van die spesifieke gebeurtenis voor en verskaf interessante en relevante inligting, terwyl bekende en verrassende temas op die orrel geïmproviseer word. Dié kombinasie sorg vir ’n intense en emosionele musiekreis deur ons onlangse geskiedenis wat ook die orrel se relevantheid as ’n “kommentator” op groot nuusgebeure beklemtoon. ’n Wye reeks van musiek word ingesluit – van klassiek tot kontemporêr. Die teks is geskryf deur die skrywer, joernalis en TV-aanbieder Erns Grundling, wat ook die produksie vervaardig. "Aanskou die mens" het in Maart vanjaar gedebuteer by die KKNK.



DIRECTIONS

Aanskou die mens
NG Kerk Helderberg
82 Firmount Road, Goede Hoop, Cape Town, 7130
Get Directions