No under 18s

Neil Sandilands & Die Band, "Land & Sand Live" at Sowaar Bar

Fri Jul 26, 17:00 - Sat Jul 27, 01:00

Sowaar Bar

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands, het bevestig dat hy en sy

orkes (Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen) hierdie winter, 2024, wéér ’n landswye toer

sal onderneem.


“Verlede jaar se toer in Julie, toe ons van die Kaap tot Limpopo getoer en voor gehore in die uithoeke

opgetree het, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands, veteraan akteur

van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet Tooth, The Flash, The 100, asook plaaslike

reekse soos Die Groot Niks, Desert Rose & Sewende Laan. Hierdie winter gaan hy en sy orkes dit selfs

meer omvattend doen en letterlik vir 40 dae & 40 nagte die land plat toer.


“Hoekom nie? Miskien is dit een of ander vreemde rekord. Ek is lief vir hierdie land en haar mense en

raak baie optimisties-opgewonde oor hierdie eerstehandse avonture op die pad. Ons deel gedagtes,

organisseer self en dit bly my ’n voorreg om in hierdie soetste taal te kan werk skep”, voeg hy by.


Die musikale werke in aanbod, kom vanuit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou

Pa se Posse, Allegaarkie vir ’n Askeet, Die Groot 5, Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit

opgeneem is nie. “Dit sal die eerste keer wees wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album

verskyn. Dis baie opwindend!”


Die volledige toerskedule en kaartjieverkope sal vroeg in Mei 2024 vir die publiek toeganklik wees.

“Tydens verlede winter se toer was dit vir my opmerklik dat mense aangegryp was deur die avonture van

die toer self en dat dit momentum verleen het. “Word of Mouth” is ’n goeie ding. Dis die lekkerste ding

wat jy vir jouself hierdie winter kan doen. Bederf jouself tydens ’n aand van Neil Sandilands & Die Band

dan gesels ons Land & Sand!”, lag hy. Vandaar ook die titel van ons toer.


Sandilands maak ook binnekort sy verskyning as Koro in Disney se nuutste filmiese aflewering Kingdom

of the Planet of the Apes, wat op 10 Mei wêreldwyd bekendgestel word.

DIRECTIONS

Neil Sandilands & Die Band, "Land & Sand Live" at Sowaar Bar
Sowaar Bar
Shop 1 Atterbury Boulevard, Atterbury Rd, Faerie Glen, Pretoria, 0043
Get Directions