No under 16s

Laerskool Randfontein Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 24 Julie 2024

Wed Jul 24, 19:00 - Wed Jul 24, 22:00

Laerskool Randfontein

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Laerskool Randfontein bied aan met trots: Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Neil was 'n leerder en onderhoofseun van die skool in van 1981-1987. Sy eerste treë op 'n verhoog was by RAMMIES. Dit gaan 'n uiters spesiale aand wees, siende Neil nooit sedertien 'n uitvoering by die skool aangebied het nie.


Navrae: +27 11 412 2902/ +27 82 925 2440

E-pos: [email protected] / [email protected]


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


RAMMIES! Ek sien julle die 24ste Julie by my Almamater. EK KAN NIE WAG NIE!


Email: [email protected]

Linktree: https://linktr.ee/neilsandilands



DIRECTIONS

Laerskool Randfontein Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 24 Julie 2024
Laerskool Randfontein
Ewart Rd, Homelake, Randfontein, 1759
Get Directions