No under 16s

Kwanyoni Lodge Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 18 Julie 2024

Thu Jul 18, 18:00 - Thu Jul 18, 22:00

Kwanyoni Lodge Mbombela

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Kwanyoni Lodge bied met trots aan: Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Hierdie gaan 'n wonderlike aand wees in die perfekte, knus Laeveld. Spyse & Drank te koop. Navrae: +27795213789 of rig e-pos aan: [email protected]


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 18 Julie by Kwanyoni Lodge, Nelspruit! Die rook gaan draai!


DIRECTIONS

Kwanyoni Lodge Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 18 Julie 2024
Kwanyoni Lodge Mbombela
Alkmaar N4, Mpumalanga, Mbombela, 1200
Get Directions