No under 16s

Francine's Farmhouse Hoedspruit Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 14 Julie 2024

Sun Jul 14, 12:00 - Sun Jul 14, 18:00

Francine's Farmhouse

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Francine's Farmhouse verwelkom Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Deure open 11 Voormiddag (11am) en die vertoning neem aanvang om 12.30 (pm). Die inhoud is volwasse en ons verkies dat kinders onder 16 liefs nie die vertoning meemaak nie, maar is welkom om elders op Francine's se ruim venue te speel. Ons hou dit burgerlik, dog volwasse. Spyse & drank word te koop aangebied. Vir navrae kontak: +27655956966 of rig e-pos aan: [email protected]


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 14 Julie by Francine's Farmhouse te Hoedspruit!

DIRECTIONS

Francine's Farmhouse Hoedspruit Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 14 Julie 2024
Francine's Farmhouse
R531
Get Directions