No under 16s

Olifant Oasis Naboomspruit Neil Sandilands & Die Band 11 Julie 2024

Thu Jul 11, 18:00 - Thu Jul 11, 22:00

Olifant Oasis

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Olifant Oasis Naboomspruit bied aan met trots: Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Daar is twee kaartjies vir die uitvoering beskikbaar, een wat spyse insluit en een daarsonder (R250/R200). Die deure maak oop om 6PM en die vertoning neem aanvang teen 7PM. Daar is 'n kroeg beskikbaar. Vir navrae: [email protected] of skakel: 0824993687


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 11 Julie by Die Olifant Oasis te Naboomspruit. Die rook gaan draai.

DIRECTIONS

Olifant Oasis Naboomspruit Neil Sandilands & Die Band 11 Julie 2024
Olifant Oasis
R520 crossing Mookgophong, 0506
Get Directions