No under 16s

Fairview Hotel, Spa & Golf Resort Tzaneen Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 13 Julie 2024

Sat Jul 13, 18:00 - Sat Jul 13, 22:00

Fairview Hotel, Spa & Golf Resort

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Die Fairview Hotel, Spa & Golf Oord bied aan met trots: Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Deure maak oop 6PM vertoning 7.30PM. Daar is spyse en drank te koop alvorens.

Vir navrae, rig e-pos aan: [email protected] of kontak: 0829005166


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 13de Julie in Tzaneen! Die rook gaan draai!

DIRECTIONS

Fairview Hotel, Spa & Golf Resort Tzaneen Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 13 Julie 2024
Fairview Hotel, Spa & Golf Resort
Old Gravelotte Road, Limpopo, Manorvlei Farm Extention 8, Tzaneen, 0850
Get Directions