No under 18s

Thaba Nkwe Thabazimbi 10 Julie 2024 Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand"

Wed Jul 10, 18:00 - Wed Jul 10, 22:00

Thaba Nkwe

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Thaba Nkwe verwelkom Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Deure open om 18:00 en die vertoning neem aanvang om 19:00. Vir navrae: [email protected] of skakel: +27829262693


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 10 Julie by Thaba Nkwe!! Die rook gaan draai!

DIRECTIONS

Thaba Nkwe Thabazimbi 10 Julie 2024 Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand"
Thaba Nkwe
R501 Lephelale Road, 0380
Get Directions