No under 13s

Swart en Wit: Schalk Bezuidenhout en Refentse! (Lekker-Lag Fees 2023 @ Centurion Teater)

Wed Sep 27, 19:30 - Thu Sep 28, 21:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Refentse en Schalk Bezuidenhout is nie noodwendig die mees voor die hand liggende kombinasie nie. Soveel meer rede om 'n kaartjie te koop!

In hierdie unieke kombinasie van komedie en musiek kan jy verwag om te huil. Of dit nou is van die lag of Refentse se stem. Maar huil gaan jy huil.

Refentse sal optree met sy volle band - van die beste jazz musikante in die land. Schalk sal optree met 'n mikrofoon. Shame, die band sal seker hier en daar ietsie in die agtergrond speel tydens Schalk se stories om sy droom van 'n rockstar wees te verwesenlik.

Schalk en Refentse sien verskriklik uit na hierdie vertonings by een van hulle gunsteling teaters in die land en ons hoop jy doen ook.


-----


Die Centurion Teater LEKKER-LAG Fees 2023 bou voort op die groot sukses van 2022 s'n en bring hierdie jaar NOG MEER skreeu-snaakse komediante op die planke vanaf Sept tot Okt 2023 in mag-nie-misloop vertonings.


“In donker dae kan ‘n giggel die straal lig wees wat almal nodig – tot Eskom kan nie ‘n lag afsit nie,” sê Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse, bestuurders en eienaars van die teater.

DIRECTIONS

Swart en Wit: Schalk Bezuidenhout en Refentse! (Lekker-Lag Fees 2023 @ Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions