No under 13s

Van die Rak af - met Lizz Meiring (Centurion Teater)

Sat Jun 17, 19:30 - Sat Jun 17, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

VAN DIE RAK AF

‘n Splinternuwe produksie vir 2023

Gedebuteer by KKNK 2023

Ten Bate van SAACA (Southern African Animal Cancer Association)


“The Human Library“ is ‘n wêreldwye konsep wat ‘n paar jaar gelede in Skandinawië ontstaan het. Die konsep is op humanitêre beginsels gebaseer - met die doel om andere beter te verstaan. Soos die ou spreekwoord lui “ Onbekend is onbemind “, oftewel - ons vrees en veroordeel diegene wie ons nie verstaan nie.


Die praktiese toepassing is eenvoudig - in plaas van ‘n boek uitneem , neem jy ‘n mens uit. Die persoon (dikwels ‘n kontroversiële of gemarginaliseerde persoon) vertel jou as toehoorder - sy of haar storie. Eerlik , kaalvuis.


In die produksie “Van die rak af” - ontmoet ons sulke individue. Werklik, histories, fiktief , mitologies. Komies, tragies, satiries, tragi- komies . Elkeen van die karakters verbeeld en vertel hul unieke storie.

Maar daar is ‘n interaktiewe element : Voor die aanvang van die vertoning , ontvang die gehoor ‘n “ stembriefie” met kriptiese leidrade. Dan kies die gehoor self watter “ mense “ hul wil uitneem vir dié spesifieke opvoering . 


Teks : Lizz Meiring

Speler : Lizz Meiring

Regie : Lizz Meiring met insae van ander buite oë.

Klank & Beligting : Jak J Brits

Verhoogbestuur : Yvette Hanekom

Produksiebestuur : Yvette Hanekom

Produksiehuis : Artist Warehouse

Plakkaat ontwerp : Jak J Brits

Kostuum tekstiel ontwerp en druk - FABART

Kostuums : Hollywood Costumes - Heidi Bothma du Toit

Stelontwerp : Geselskap

Agterdoek ontwerp : Fanus van Deventer

Fotografie : Maryna Cotton

Kunswerke : ( Beelde ) Veronika Olivier Art 

DIRECTIONS

Van die Rak af - met Lizz Meiring (Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions