"Spoednetwerk" Hermanus

Thu Jun 22, 09:00 - Thu Jun 22, 11:00

Grobbelaarsaal

ABOUT

Helpende Hand neem die inisiatief om alle NPO’s, maatskaplike organisasies, kerke, sielkundiges, terapeute, lewensafrigters en belangstellendes in hierdie veld uit te nooi na die bogenoemde geleentheid. Die geleentheid vind plaas by die Grobbelaarsaal in Hermanus.


Tydens die Spoed Netwerk-geleentheid kry elke persoon/instansie/besigheid die geleentheid om sy/haar besigheid in 5 minute te deel met ‘n ander netwerk vennoot. Hierdeur bou ons netwerk geleenthede met ander vennote, maar kry ook kennis van ander organisasies en individue wat in dieselfde veld werk.

Ons het mekaar nodig om gemeenskappe verder te ontwikkel en mekaar se hande sterker te maak.


Die spreker vir die dag is Dr. Shanie Boshoff van Gropotential. Sy het grondige kennis in die maatskaplike veld en ondervinding in die waarde van netwerk uitbreiding om ons gemeenskappe kragtig te ontwikkel.


Koop gerus jou kaartjie by Quicket en kom geniet ‘n informele, sinvolle oggend saam met ander vennote! Saam is ons sterker en verseker ons voorspoed in elke gemeenskap waar ons werk.


Ligte verversings word bedien.

DIRECTIONS

"Spoednetwerk" Hermanus
Grobbelaarsaal
Marine Dr, Hermanus, 7200
Get Directions