Family friendly

Ellisras: Lollos Skattejag 2023

Thu May 18, 09:00 - Thu May 18, 10:00

Laerskool Ellisras

ABOUT

Die Lollos span besoek ELLISRAS met hulle opwindende nuwe vertoning, genaamd SKATTEJAG!


MEER OOR DIE VERTONING:

Lollos en Lettie is terug vir hul grootste avontuur nog! 


Disco en Karla is vreeslik opgewonde, want hulle verras Lollos en Lettie met ’n bootrit na ’n pragtige tropiese eiland! Maar o gits - iets loop skeef en hulle moet ’n plan beraam as hulle weer by die huis wil kom. Gelukkig vind hulle ’n skatkaart met raaisels wat hulle kan help. Lettie, Disco en Karla kan nie wag om al die lekker leidrade te lees nie. Daar is soveel opwindende raaisels wat hulle moet oplos, maar die grootste raaisel van almal: hoekom wil Lollos nie ook leidrade lees nie?


Maats, die Lalalanders het julle hulp nodig - kom saam op die skattejag en help hulle interressante struikelblokke trotseer terwyl hulle die spesiale eiland verken. Hierdie opwindende vertoning is propvol energieke liedjies soos Seerowers, Gomgompie, Paddakonsert en Bons dat dit Gons.


 Gryp ’n vergrootglas en kom dans saam. Hierdie vertoning wil jy nie mis nie! LAAT DIE SKATTEJAG BEGIN…


Maak seker jy stoor ons kontak nommer op jou selfoon, om op hoogte te bly van enige verwikkelinge - 065 298 3864.


Hoekom 'n vertoning in skooltyd of direk na skool?

Baie mammas en pappas wil graag hul kinders die geleentheid gun om ook 'n Lollos vertoning te kyk, maar dit is nie altyd moontlik om vir die hele gesin kaartjies te koop nie. Op hierdie manier, kan die kind die vertoning saam sy/haar klasmaats bywoon en ouers betaal dan slegs die kind se kaartjie in plaas daarvan om kaartjies vir die hele gesin te moet koop. Mammas/pappas/boeties en sussies is egter steeds welkom om ook hul eie kaartjies te koop hier op Quicket indien jul kies om ook die vertoning by te woon! Lollos is opvoedkundig van aard en almal geniet hulself gate uit!

 

Indien jou kind se skool/klassie wel die vertoning as geheel gaan bywoon, kan u die kind se kaartjiegeld saamstuur skool toe, en die onderwyser sal hul op die klasregister afmerk. U kan slegs vir uself, of enige ander persoon hier op Quicket kaartjies koop. Indien u nie seker is of u kind se skool/klas deel is van hierdie reeling, kontak ons gerus by 065 298 3864.

 

KAARTJIES:

*BEPERKTE KAARTJIES IS BESKIKBAAR

*EARLY BIRD KAARTJIES is R100pp en beskikbaar tot einde April 2023. Vanaf 1 Mei sal kaartjies R120pp wees - so kry joune sommer nou!

*Ouers en kinders betaal ongeag ouderdom. Babas onder 12 maande is gratis, maar vanaf 1 jaar val hulle binne die Lollos handelsmerk se teikenmark en benodig dus ‘n kaartjie. Elke persoon wat die vertoning bywoon moet egter ‘n kaartjie hê.

*Ons doen ongelukkig geen terugbetalings nie. Indien ons genoodsaak word om die vertoning aan te skuif weens onvoorsiene redes, sal u kaartjies geldig wees vir die nuwe datum.

 

WANNEER / WAAR:

Die vertoning sal plaasvind in die mooie ELLISRAS, DONDERDAG OGGEND, 18 Mei 2023 om 09:00 by Laerskool Ellisras (OR Tambo road).


SITPLEKKE:

Piekniekstyl! Aangesien die vertoning hoofsaaklik vir kinders gehou word in skooltyd, sal daar enkele stoele uitgepak word vir volwassenes om op te sit.


LOLLOS PRODUKTE:

Neem asb kennis dat Lollos produkte op die dag van die vertoning verkoop sal word en nie vooraf saam met jou kaartjies nie. Neem ook kennis dat Kindervermaak Suid-Afrika as organiseerder, geen beheer het oor watter items op die dag beskikbaar is nie; daar is gevalle wanneer van die items soms uit voorraad is en dan nie deur die derde party aan ons gestuur is nie. Daar is ook ‘n moontlikheid dat daar ander nuwe produkte sal wees. 

 

ANDER:

‘n Vertoning is ongeveer 45 minute lank en bestaan uit 4 karakters.


TERME:

Wanneer u ‘n kaartjie koop, stem u outomaties in tot hierdie voorwaarde en reëls:

*Elke kindjie is sy ouer/s se verantwoordelikheid. Daar is honderde kindertjies by die vertonings en dit is vir ons onmoontlik om na almal om te sien. Indien u nie self die vertoning saam met u kind wil bywoon nie, moet u ‘n alternatiewe voog / persoon saamstuur wat verantwoordelikheid neem vir u kind/ers. 

*Dit is elke ouer/voog se verantwoordelikheid om seker te maak dat sy/haar kind nie tydens die vertoning op die verhoog klim nie. Die karakters is in kostuum en kan nie altyd mooi daardeur sien nie. Daar is dus 'n groot moontlikheid dat kinders baie seer kan kry en ons wil dit verhoed. Dit onderbreek ook die vertoning en ontwrig die vloei wanneer kinders eers van die verhoog verwyder moet word vir veiligheidsredes. Ons is bewus dat die kinders vreeslik opgewonde is om hul gunsteling karakters uit Lalaland 'n drukkie te gee, maar daar sal weer na die vertoning geleentheid hiervoor wees.

*Kaartjiehouers gee toestemming aan Kindervermaak om hulle te kontak rakende kindervertonings in die area.


KINDERVERMAAK:

Om op hoogte te bly van TOP Kindervermaak in jou omgewing, like ons nasionale FB blad: www.facebook.com/kindervermaaksa

Volg ons op INSTAGRAM vir oulike plasings, wat waar gebeur en ander prettighede: @KindervermaakSA

Vir enige navrae, kontak ons gerus by [email protected] / 065 298 3864 / 082 410 7682


Sien julle daar!

DIRECTIONS

Ellisras: Lollos Skattejag 2023
Laerskool Ellisras
O.R. Tambo Rd, Lephalale, 0555
Get Directions