Family friendly

Die avonture van Oz! (Kinderteater @ Centurion Teater)

Fri Mar 31, 10:30 - Sat Apr 1, 11:30

Die Centurion Teater

ABOUT

Die Avonture van Oz!

Gebasseer op die kinderboek deur L Frank Baum en die rolprent van dieselfde naam.


"Somewhere over the the rainbow..."


Ons het almal grootgeword met die bekende en geliefde karakters van Dorothy, haar hondjie Todo en die wêreld van Oz. Hiérdie keer bring ons 'n nuwe verwerking van hierdie ikoniese verhaal vir die kleinspan om te geniet in Afrikaans! Die Avonture van Oz is 'n pantomime skouspel wat vir Dorothy (Dorie vir kort) volg wat skielik weggevoer word na die magiese wêreld van Oz (amper soos Pretoria-Oos).


Daar ontmoet sy die interessantste karakters van feëtjies, tot leeus, 'n blikman en 'n voëlverskrikker soos sy op 'n avontuur gestuur word om weer huis toe te keer. Met 'n lysie van belangrike dinge om bymekaar te maak, 'n paar rooi slippers en 'n baie jaloerse groen feëtjie op haar hakke, sal Dorie vinnig uitvind dat al die slim, bravade en hart wat sy ooit nodig het alreeds binne haar is.


Met oorspronklike verwerkings van liedjies, dans, kostuums, skouspel en 'n opwindende kinderteater avontuur sal elke kind én grootmense hul gate uit geniet! Word saam weggevoer na 'n land anderkant die reënboog.


Aangebied deur Scenario College Studentefonds (van treffer produksies soos Jan en die Boontjierank en Heidi)

Teks, Regie en Ontwerp deur Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse


Vrywaring: Geen nare hekse word in hiérdie verwerking aangebied nie.


Onbespreekte sitplekke. Kinders sit op die mat en grootmaatjies kan op die stoele sit.





DIRECTIONS

Die avonture van Oz! (Kinderteater @ Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions