Bederf vir Hoopdraers

Mon Feb 13, 09:00 - Mon Feb 13, 10:30

NG Gemeente Tuinedal, George

ABOUT

Helpende Hand neem die inisiatief om alle NPO's, maatskaplike organisasies, kerke, sielkundiges, terapeute, lewensafrigters en belangstellendes in hierdie veld, uit te nooi na 'n "volmaak-sessie".


Kom maak jou tenk vol voor die jaar te vinnig wegspring!


Die spreker tydens hierdie geleentheid is Dr Shanie Boshoff van GroPotential. Sy het grondige kennis in die maatskaplike veld en voorheen Uitvoerende Hoof van die ACVV. Haar tema van die oggend is: Hoe hou ek al die balle in die lug?


Ligte verversings word bedien.