FREE OPTIONS

Baviaans Spook 2023

Fri Feb 24, 12:00 - Sun Feb 26, 12:00

Outuin se Gat

ABOUT

Dis weer tyd vir Baviaans Spook, die beste klein fees in die Oos-Kaap!


WAAR: Outuin Se Gat, Patensie

Location: https://goo.gl/maps/Y1PtdMc8FrMUqF6Y7


Dink goeie musiek, goeie mense, water, floaties, kamp, koue biere, nog goeie musiek, lekker kos, brandewyn en weereens goeie musiek!


KUNSTENAARS:


  • Bok van Blerk
  • Koos Kombuis
  • Stef Bos
  • Biggy
  • Die Melktert Kommissie
  • TWEE
  • RAAF (Bottomless Coffee Band)
  • Corrazerwas
  • Deon Meiring
  • Gian Groen
  • Albert Frost
  • Karel Bester
  • Stefan Jansen
  • Jakoos
  • Kirky
  • Sarel Kleinhans


Wat om te bring:


  • Kamp goed. Alle kamp goed wat jy en jou ouers besit. 
  • Iets wat dryf
  • Swemklere & handdoek
  • Kampstoel
  • Kontant
  • Jy is welkom om jou eie kos en drank te bring maar daar gaan 'n kroeg en kossewa wees.
  • 'n "Portable" braai indien jy een het. Ons sal 'n paar braaidromme daar he.
  • Ys (ons sal ook ys verkoop maar moet nie daarop staatmaak nie)
  • 'n Goeie gesindheid en al die goed waarvan ons nou vergeet. 
  • Die Saterdagaand is daar 'n Spook-tema so indien jy wil opdress - daar sal pryse te wen wees! ;) 
  • Muskietverweerder en sonblok.
  • Plakkies
  • Flits


Opsioneel


  • Roei goed. Daar is genoeg water vir canoes en SUP's ens.
  • Visstokke indien jy hou van visvang
  • Iets kreatief wat die partytjie vir almal lekkerder gaan maak.


Wat om te weet:


  • Jy gaan 'n kort stukkie grondpad ry. 
  • Kinders is welkom en toegang vir kinders onder 12 is gratis. (Onthou dit is 'n fees)
  • Daar is beperkte kaartjies beskikbaar.
  • Dis informeel en gemaklik
  • Staanplekke het nie krag nie.
  • Indien jy vrae het, gesels met iemand wie al daar was.
  • Hekke maak 12h00 oop (jy kan reël indien jy vroeër wil kom).
  • Vertonings begin 18h00.


Vir verdere inligting, kontak [email protected]


Sluit ook aan by ons whatsapp groep vir meer inligting: https://chat.whatsapp.com/LbGFa1VP9e3AshtMOABRfW

DIRECTIONS

Baviaans Spook 2023
Outuin se Gat
7PF6+6C Andrieskraal, South Africa
Get Directions