No under 13s

Die Hannon Roadshow: 'n Bederf-oggend vir Dames (ten bate van SAACA) (@ Die Centurion Teater)

Sat Feb 25, 08:00 - Sat Feb 25, 12:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Wou jy al ooit leer hoe om die regte haar-, grimering- en velsorgprodukte aan te wend?


Die Centurion Teater in trotse samewerking met Spar PharmaValu en SAACA (Southern African Cancer Association) nooi jou na 'n HANNON Roadshow-oormaakgeleentheid, aangebied deur die Glam Guru self, Hannon Bothma!


Hierdie wonderlike geleentheid vind op Saterdag, 25 Februarie by die Centurion Teater plaas.


Verwelkoming en kuier: 8h00

Vertoning: 9h00 - 11h00


Met aankoms sal jy deur ons vriendelike span verwelkom word, registreer, lekkernye kry, en ligte verversings van ons ontvang!


Laat die pret begin! Na die 2 uur lange vertoning kry jy die geleentheid om Hannon persoonlik te ontmoet, 'n foto saam met hom te neem en hom of sy lieflike agent vir raad te vra.


'n Kleinhandelstalletjie sal ook beskikbaar wees vir blaai, bestellings en aankope. ('n Kredietkaartmasjien sal ook beskikbaar wees vir jou gerief.)


Daar is ongelooflike pryse te wen en aankope van HANNON produkte sal op die dag afslag kry!


Spasie is beperk so maak gebruik van hierdie geleentheid; ontdek hoe om jou beste kenmerke te verbeter en elke dag mooier te maak!


DIRECTIONS

Die Hannon Roadshow: 'n Bederf-oggend vir Dames (ten bate van SAACA) (@ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions