No under 18s

Die Wyn Show: Valentine's Extravaganza!

Fri Feb 10, 18:00 - Sat Feb 11, 21:30

Die Centurion Teater

ABOUT



Die populêre geleentheid is TERUG en skop die 2023 seisoen af met 'n GROTER en BETER variasie van dié uitverkoopte treffer:

Valentine's Extravaganza!

Romantiese wynproe roete, Gourmet happies en 'n Onvergeetlike show in ons prag-teater!

Die perfekte valentine's date vir 2023

(Gratis geskenk per couple)


Wynroete: (Tussen 18h00 en 19h30)

Kom neem 'n romantiese stappie onder die sterrelig in die pragtige binnehof van die teater en proe-proe deur 4 eksklusiewe, top-klas wyne van ons trotste vennote - Klein Roosboom Boutique Winery. Weggesteek in die hartjie van die Durbanville-wynvallei - net 20 km van Kaapstad af - lê Klein Roosboom Family Winery. Bekend as die tuiste vir veelbekroonde wyne, kom deel hul graag ou stories en maak nuwes met die Gautengse wynliefhebbers.


Gourmet Happies: (Word op Wynroete bedien)

Gourmet happies spesifiek gemaak om by elke wyn te pas, en kundig voorberei deur Sjef Jan van Jan se Kombuis, word bedien by elke stop op die roete. Smul-lekker happies wat perfek is om mekaar romanties mee te voer.


Show: (Begin 19h30. 90 min met 'n breek)

Diegene wat al by ons vorige Wyn Shows was, of kennig is met wêreld klas Opera-sangers, sal die volgende twee name vinnig herken. Die uiters-talentvolle paartjie Marina Botha-Spies en haar man, Tinus Spies kom gee 'n vertoning wat niemand sal vergeet nie. Na die wynproe en happies, word die gaste in die teater ingenooi vir 'n vertoning van geskiedenis se beste en mees geliefde LOVE SONGS uit die musicals en penne van wêreld-bekendes. Sit terug, hou jou geliefde se hand vas, en word vervoer na 'n wêreld van liefde en passie!


Kaartjies: R350 per persoon.

Kaartjies sluit Wynproe, Gourmet Happies en Vermaak in. 'n Gratis Valentine's geskenk word ook aan elke paartjie gegee.

Kontant-kroeg beskikbaar vir alle ander drankies. Neem kennis dat die happies nie sal dien as 'n aandete nie.


Beperkte plekke beskikbaar. Bespreking noodsaaklik om teleurstelling te vermy.



DIRECTIONS

Die Wyn Show: Valentine's Extravaganza!
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions