Family friendly

Valentynsdag met Pietman Geldenhuys

Tue Feb 14, 19:00 - Tue Feb 14, 22:00

Nine Oaks Paarl

ABOUT

Kom kuier saam ons Innie Tuin met Pietman Geldenhuys. Jou kaartjie sluit in 'n heerlike piekniek mandjie vir 2, 'n bottel wyn, toegang tot ons aand-mark en 'n vertoning met stories en musiek van Pietman Geldenhuys. 


Die konsert vind plaas op ons mooi grasperk (buitelug). Ons voorsien hooibale vir sitplek, indien jy lekker gemaklik wil sit bring asb 'n kampstoel /komberse/ kussings saam. 


Piekniek mandjie inhoud: lamsburgertjies, samoosas & springrolls, frikkadel sosaties, pettit wrap met hoender vulsel, druiwe, neute, brownies, fudge en 1 bottel wyn. Kies asb jou voorkeur wyn met registrasie. Vegetarier opsies ook beskikbaar (Dui asb aan met registrasie). Geen verversings mag in gebring word nie - kroeg beskikbaar.


Die aand mark: Ons het verskeie mooi-goed, ou-goed, speel-goed, proe-goed en lekkergoed beskikbaar. Kom sommer al 17h00 om rustig deur te stap en alles te bekyk. 


Ons perseel is troeteldier (hondjie) vriendelik - hou asb aan 'n leiband.

Geen video en klank opnames mag van die vertoning gemaak word nie. 

Vir verdere inligting / versoeke skakel asb vir Anrika by 072 1122115