Family friendly

Kersfees vir ons Vier-Poot Vriende: Liefdadigheidsvertoning ten bate van SAACA (Southern Africa Animal Cancer Association)

Sat Nov 19, 15:00 - Sat Nov 19, 17:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Ons Vier-Poot Vriende het ook hulp nodig hiérdie Feesseisoen!


Die Centurion Teater in samewerking met SAACA (Southern Africa Animal Cancer Association) bied 'n spog liefdadigheidsvertoning aan met die uiters talentvolle Johan Anker vir elke mens met 'n groot hart vir diere!


Vir diegene wat graag wil bydrae tot die omsien, navorsing en bevordering van nodige toerusting om kanker in diere te beveg, asook om kos en belangrike benodighede te skenk aan vier-poot vriende in nood-areas van Gauteng, is hierdie die perfekte geleentheid!


Al wat u moet doen ter ondersteuning is:

(1 x Kaartjie = 1 x R150 Donasie)


STAP 1:

Koop 'n kaartjie(s) vir die vertoning, wat direk as 'n donasie geskenk word aan SAACA. U kan ook kies om 'n addisionele donasie te maak met die koop van kaartjies op Quicket.


STAP 2:

Bring sakke kos en ander benodighede (van diere-shampoo, vlooimedikasie, waterbakke tot leibande en alles tussen-in) na die vertoning toe en STAAN 'N KANS OM 'N JAAR SE KARWASSE (12) TE WEN met komplimente van die Centurion Teater.

Donasies word geskenk aan die SAACA Youth Project wat na jong minderbevoorregte kinders en hul diere omsien en opvoed oor die verantwoordelikheid teenoor ons vier-poot vriende. Een gelukkige wenner se naam sal getrek word gedurende die funksie.


STAP 3:

Geniet een onvergeetlike FANTASTIESE VERTONING met Johan Anker en sy uitmuntende vokale talent, terwyl jy weet jy het bygedrae tot 'n baie belanrgike en waardige saak - ons vier-poot vriende se welstand!




Datum en Tyd

Saterdag, 19 November

15h00




Meer oor SAACA

SAACA was established as a need for animals with cancer. As the 4th in the world SAACA will fill the gap for the animals with cancer in Southern Africa. Cancer has always been seen as a human illness, but little does everybody know that animals are diagnosed and die of cancer as humans do. In one study, 45% of the dogs that reached 10 years of age or older died of cancer.


SAACA is the first organisation in Africa that will focus on cancer and animals. SAACA’s main objectives are working with Onderstepoort as a research institute. Secondly to do sterilization in rural areas and to educate the public on the topic. SAACA is so excited to have taken hands with the faculty of Veterinary Science, University of Pretoria, who will be conducting the research of animals with cancer.



SAACA – THE SOUTHERN AFRICA ANIMAL CANCER ASSOCIATION (SAACA) NPC# 2020/604314/08 


Meer oor Johan Anker


Johan Anker van The Voice SA (2016) faam het al ‘n merk in die Afrikaanse musiekbedryf gelos as die jongman met die “goue stem”.

Johan is weer terug by die Centurion Teater met 'n nood op die hart om by te drae tot diereliefdadigheidsprojekte en organisasies.

Johan se ligte klassieke aanslag op ‘n verskeidenheid treffers, Kersliedere en sy eie musiek beloof om ‘n groot sukses te wees. Johan sing liedjies van Elvis, Frank Sinatra en ook Afrikaanse kunstenaars soos Gé Korsten en Steve Hofmeyr en vele meer.


‘n Paar Klassieke treffers is ook te verwagte. Hierdie konsert beloof om vermaak te bied vir jonk en oud, met Johan se groot stem en spontane persoonlikheid.


Alles ten bate van ons Vier-Poot Vriende!

DIRECTIONS

Kersfees vir ons Vier-Poot Vriende: Liefdadigheidsvertoning ten bate van SAACA (Southern Africa Animal Cancer Association)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions