No under 18s

Die Wyn Show: An Italian Experience (Die Kelder @ Centurion Teater)

Wed Nov 9, 19:30 - Thu Nov 10, 21:30

Die Kelder (Centurion Teater)

ABOUT


 


Laaste Die Wyn Show vir 2022 – Moet dit nie misloop nie!

Die populêre TREFFER-geleentheid! Bespreek betyds! Kaartjies verkoop gou weens besonderse aavraag! Beperkte plekke beskikbaar.

 

Bookings at: https://qkt.io/wynshownov

 

Die Wyn Show vervoer ons hiérdie keer na die outentieke strate en wingerde van Italië, asook die manjifieke opera-huise van formaat- italiaanse-geinspireerde wyne en vonkelwyne, traditionele en moderne italiaanse disse en die merkwaardige kragtige klanke van PAVAROTTI!

 

Wyn, Kos en Vermaak! Ons sê JA! En al ons geliefde gaste by die vorige twee UITVERKOOPTE geleenthede sê dieselfde!

 

DIE WYN SHOW is ‘n treffer-geleentheid waar gaste vervoer word deur die wêreld van wyn, kos en kuns met ‘n tema. Hoe klink ‘n wynproe, aangebied deur een van die land se voorste wynkenners, Judith Lee; ‘n gepaartgaande ligte vier-gereg ete vaardig voorberei deur ‘n professionele sjef van Jan se Kombuis, top-klas vermaak, alles in die knus en klassiek-romantiese omgewing van Die Kelder by die Centurion Teater?

 

As dit nie soos ‘n onvergeetlike ervaring klink nie, weet ons nie wat sal nie! Perfek vir ‘n ‘Date Night’ of ‘n heerlike kuier saam met vriende.

 

 

Kaartjies: R300.00 pp (Insluitend Wynproe, Ligte Ete en Vermaak)

1ste Datum: Woensdag, 09 November 2022

2de Datum: Thursday, 10 November 2022

Tema: An Italian Experience

Tyd: 19h00 vir 19h30

Plek: Die Kelder @ Centurion Teater

 

Bespreking noodsaaklik. Beperkte aantal plekke beskikbaar.

 

Kontantkroeg beskikbaar vir enige verdere drankies.

Bestellings teen spesiale pryse, direk van wynplase, sal ook geneem word.

 

Geen onder 18’s.


DIRECTIONS

Die Wyn Show: An Italian Experience (Die Kelder @ Centurion Teater)
Die Kelder (Centurion Teater)
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions