ATKV PEAAT: My Boetie se Sussie se Ou - 14/10/22

Fri Oct 14, 19:30 - Fri Oct 14, 22:30

Little theater

ABOUT

PEAAT bied aan My Boetie se Sussie se Ou met die bekende Tobie Cronje as gasspeler.

 My Boetie se Sussie se Ou is die opvolg van My Vrou se Man se Vrou wat reeds deur

PEAAT opgevoer is. Dit is nou 18 jaar later en John Smith, ‘n taxibetuurder met twee vroue

het nou twee gesinne in verskillende dele van Londen. Beide dolgelukkig en salig onbewus

van mekaar. Maar wanneer sy twee tieners, ‘n dogter van die een gesin en ‘n seun van die

ander, mekaar op ‘n internetkletskamer raak gesels en angstig besluit om mekaar in die

persoon te ontmoet, versnel John se reeds gejaagde lewe tot in die hoogste rat, en moet hy

spook om hulle uitmekaar te hou. My Boetie se Sussie se Ou is Pierre van Pletzen se

Afrikaanse vertaling van Ray Cooney se Caught in the Net.

DIRECTIONS

ATKV PEAAT: My Boetie se Sussie se Ou - 14/10/22
Little theater
7 Athol Fugard Terrace, Port Elizabeth Central, Gqeberha, 6001
Get Directions