Gerhard Steyn live by Kapstadt Brauhaus Paarl

Wed Sep 7, 19:30 - Wed Sep 7, 20:45

Kapstadt Brauhaus Paarl

ABOUT

Die platinum bekroonde sanger met die dimpel-glimlag Gerhard Steyn het bewys sy

musiek is oorspronklik, uit die hart en genotvol. Sy talent as sanger en liedjieskrywer,

voorkoms en persoonlikheid maak hom gewild by oud en jonk.

Sy nuuste enkelsnitte, Groter as Goliat en Lucky Packet Ring is baie gewild by

sy musiekliefhebbers en weereens treffers waarmee Gerhard die spyker op die kop

slaan. Gerhard het tans 11 (elf) albums op sy kerfstok, waarvan die meeste liedjies

uit sy eie pen kom

Met sy toer na die Kaap in September kan sy aanhangers van sy heel nuutse treffers

saam met sy ou bekende gunstelinge te wagte wees, voorwaar ‘n musiekreis wat

almal gaan geniet.

Gerhard het in agttien jaar sedert sy albums vir die eerste keer op die rakke verskyn

het, seldsame en gesogte juwele tot die skatkis van Afrikaanse musiek gevoeg en ’n

enorme hoeveelheid musiekliefhebbers se harte in die proses gewen.

DIRECTIONS

Gerhard Steyn live by Kapstadt Brauhaus Paarl
Kapstadt Brauhaus Paarl
90A Main Rd, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646
Get Directions