Please note, that sales go live at 12:00 midday today August 12th.

Paul Roos Gymnasium vs Grey College Rugby

Sat Aug 20, 08:00 - Sat Aug 20, 16:00

Markotter Sports Complex

ABOUT

Paul Roos Gimnasium se rugbyspanne sal op 20 Augustus 2022 teen Grey Kollege op die Markötter Sportkompleks speel. Die eerste wedstryde begin reeds om 08:00 met die hoofwedstryd wat om 14:00 sal begin.


Bespreekte sitplekke is te koop teen R175 op Quicket vir twee tydelike pawiljoene wat agter die pale opgerig is aan weerskante van die veld. Bespreek jou kaartjies op die C2M pawiljoen (Markötter Klubhuis se kant) of op die AFGRI pawiljoen (Bloemhof se kant).


Onbespreekte staan- en sitplekke kan ook by die hekke gekoop word teen R30 dmv bankkaarte, Snapscan of Zapper. Twee hekke sal u toegang tot die gronde verleen nl die hoofhek van Markötter asook die hek in Doornboschstraat aan Laerskool Eikestad se kant. Parkering is beskikbaar by Paul Roos Gimnasium.


Skoliere verkry gratis toegang.

Slegs Paul Roos Old Boys en Klub 1000 lede met kaarte verkry gratis toegang. Indien PRG Old Boys en Klub 1000 lede op die pawiljoen wil sit, moet hulle kaartjies daarvoor aanskaf.



Verversings sal te koop wees op die dag.



DIRECTIONS

Paul Roos Gymnasium vs Grey College Rugby
Markotter Sports Complex
Krigeville, Cape Town, 7599
Get Directions