Family friendly

Koorinsident bied aan: My siel rus

Sat Aug 27, 19:00 - Sat Aug 27, 20:15

Ou Konservatorium / Old Conservatoire

ABOUT

Die musiek:

Kom geniet 'n uurlange ervaring van besondere koormusiek deur 2 Afrikaanse komponiste, Xander Kritzinger en Pieter van der Westhuizen. Hierdie uitvoering fokus grotendeels op werke van eersgenoemde komponis en sluit die toonsetting en boonop debuutuitvoering van die wonderlike liefdesgedig, Kom vannag in my drome, deur NP van Wyk Louw in. Die program bied verder 'n kombinasie van gewyde en sekulêre musiek van beide hierdie komponiste aan die gehoor.


Die koor:

Koorinsident bestaan uit ongeveer 25 lede en oudlede van verskeie kore in die Stellenbosch/Kaapstad omgewing (Stellenbosch Madrigaalsangers, Canticum Novum, Stellenbosch Universiteitskoor, Schola Cantorum, en meer) en staan o.l.v. David Wolfswinkel. Die koor funksioneer op 'n projekbasis, waarvan die eerste projek in 2021, te midde van uitdagende tye weens Covid-19 beperkinge, 5 fantastiese uitvoerings van Rachmaninov se Nagwaak in Afrikaans opgelewer het.


Algemene reëlings:

Wyn en sap sal teen 'n donasie beskikbaar wees by die uitvoering.

DIRECTIONS

Koorinsident bied aan: My siel rus
Ou Konservatorium / Old Conservatoire
Van Riebeeck St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions