Family friendly

Classics @ Christies - Musical Moments

Sat Aug 20, 18:30 - Sat Aug 20, 20:00

Christies@ 32 on Russel Gastehuis

ABOUT

Die bariton Niel Rademan en sopraan Lynelle Kenned bied op Saterdagaand 20 Augustus ’n musikale reis deur die muiscals aan by die pragtige Christies@ 32 on Russel Gastehuis.

Hierdie produksie is by die Vrystaat Kunstefees vir ’n Blinker-toekenning genomineer en beloof om die gehoor te betower met musikale hoogtepunte uit Phantom of the Opera, Les Misérables, Sound of Music, West Side Story en Cabaret. Die Weseinde op ons drumpel!

Lynelle is ’n bekroonde sopraan met ’n rits toekennings agter haar naam, o.a. Kunste Onbeperk Young Voice 2019, ’n Naledi toekenning in 2018 en ’n Fiësta in 2017. Sy het o.a. die rol van Maria in West Side Story, Musetta in La Boheme en Grace in die wêreld première van Calling me Home vertolk. Haar klassieke optredes as sopraan solis sluit Die Messias, Brahms se Requem en Handel se Gloria in.

Niël word wyd as een van Suid Afrika se gesogte baritons erken. Hy het in twee produksies op die Weseinde in Londen gesing en het op sy Europese toer staande ovasies in Wenen, Den Haag, Amsterdam, Bern, Boussac en Londen ontvang.

In Suid Afrika is hierdie talentvolle kunstenaar bekend as sanger, kunstebestuurder, akkordeonspeler, regisseur en aanbieder van die gewilde Hessequa Harmonie klassieke fees in Heidelberg.

Die twee soliste word begelei deur die veelsydige en talentvolle pianis, Elna van der Merwe. 


DIRECTIONS

Classics @ Christies - Musical Moments
Christies@ 32 on Russel Gastehuis
32 Russell St, Sonheuwel, Mbombela, 1201
Get Directions