Family friendly

Gelukkige trekking in die Waterberge

Sun Feb 27, 09:00 - Fri May 27, 12:00

Hervormde Kerk Onverwacht

ABOUT

Hervormde Kerk Onverwacht bied aan:

Gelukkige trekking in die Waterberge


Vir slegs R50 kan jy ’n kaartjie koop om ’n JAGPAKKET, VLEIS-PAKKET of ’n WEGBREEK te wen

OF koop 'n kaartjie vir R100 en kry 'n kaartjie in elke kategorie.



JAGPAKKETTE

1ste Prys

1 x Koedoekoei, 1 x Rooibokram (nie trofee), 1 x Vlakvark. Selfsorg verblyf vir 4 persone (2 dae/ 2 nagte), jagvoertuig, gids en slaggeriewe ingesluit. 2022 Jagseisoen.

 

2de Prys

1 x Elandkoei (slegs karkas)

 

3de Prys

1 x Waterbokkoei (slegs karkas)


VLEIS - PAKKETTE

1ste Prys

1 x Slagos

 

2de Prys

1 x voor - en agterkwart van 'n Slagos

 

3de Prys

2 x Slagskape


WEGBREEK - PAKKETTE

1ste Prys

Bosveld-wegbreek vir 6 persone (3dae/2nagte)

 

2de Prys

Zeelandhuys Kos en Wyn ‘Pairing’

 (5 gang maaltyd vir 6 persone)

 

3de Prys

Kintsugi Mountain Retreat & Spa

Oornagverblyf vir 2 persone met aandete en ontbyt ingesluit


Kompetisie sluit 27 Mei 2022. Wenners word op 29 Mei 2022 getrek.


Reëls & Regulasies:

Kompetisie sluit op Vrydag, 27 Mei 2022 om 12:00.

 

Pryswenners sal bepaal word deur ’n prystrekking op Sondag, 29 Mei 2022 by NHK Onverwacht (Ellisras)

 

Jagpakket sluit in selfsorgeenheid vir 4 persone (2 dae/2 nagte), slaggeriewe en skoonmaakdienste.

Jagte sal plaasvind tydens die jagseisoen van 2022 (Junie/Julie).

Beskikbare datums sal aan wenner deurgegee word.

 

Wenners van die jagpakkette/prys is self verantwoordelik vir die bewerking van die vleis.

 

Wenner van die jagpakket moet in besit wees van ’n gelisensieerde vuurwapen, ingeval waar die wenner nie self ’n wapen het of self wil jag nie, sal ’n professionele jagter (teen geen ekstra koste)

die jagwerk doen.


Wenners van vleis pakkette is self verantwoordelik vir die bewerking van die vleis.


Beskikbare datums vir wegbreeknaweek | Kos & Wyn Pairing | Oornagverblyf by Kintsugi sal met pryswenners gefinaliseer word.  

 

Alle pryswenners sal verplig wees om ’n vrywaringsvorm te teken. Enige dispuut rakende hierdie kompetisie, sal beslis word deur die kerkraad van die NHK Onverwacht en sal as afgehandel beskou word.

 

Geen pryse kan vir kontant geruil word nie.

 

Foto’s van pryswenners mag deur die kerk gebruik word vir publisiteit. 










DIRECTIONS

Gelukkige trekking in die Waterberge
Hervormde Kerk Onverwacht
Troupant St, Lephalale, 0555
Get Directions