FREE OPTIONS
Family friendly

Michael Lindt & Dodo Live at The Buffalo

Fri Jun 24, 18:00 - Fri Jun 24, 22:00

The Buffalo Bloemfontein

ABOUT

Twee talentvolle sangers, drie ure van vermaak en 'n vier dekades se mees onvergeetlike songs!

MICHAEL LINDT is een van ons land se talentvolste sangers en liedjie skrywers, met genres wat strek van Rock, Pop, Country tot Gospel. Hy skryf liedjies vir ons land se bekendste sangers en hy spog met liedjies wat ook in die buiteland bekendheid gewerf het. Sy eerste “single”, IS JY NIE MEER LIEF VIR MY, was onderskeidelik nommer 1 en 2 op RSG en Jacaranda FM se trefferlyste. Sy 2de album ‘LEWE VIR VANDAG’ is daarna vrygestel, waarvan sy liedjies ook op verskeie trefferparades verskyn het. Sy liedjie, ELKE WOLK HET ’N SILWER RAND en HORISON VAN MY DROOM was nommer 1 op die gewilde Groot FM Top 20 en Bok Radio.


DODO NYOKA, 'n opkomende ster wat musiek liefhebbers op hulle voete het met sy lewendige optredes. Dodo se eerste enkelsnit "SONDER VREES" is genomineer vir die "South African Independent Awards" so wel as "Melomaan Awards" Hy het ook die vertoning van Demi-Lee Moore en Steve Hofmeyer geopen en het die gehoor van 1000+ na die tyd vermaak tot laat-aand! Hierdie jong, talentvolle sanger beloof op diep spore te trap in die Suid Afrikaanse Musiek bedryf en al wat ons kan sê is: "Hou die kassie dop want hy is binnekort te sien in 'n baie populêre Afrikaanse program........."


DIRECTIONS

Michael Lindt & Dodo Live at The Buffalo
The Buffalo Bloemfontein
Plot 23, Kellys View, Kellysview Settlement, Bloemfontein, 9301
Get Directions