Pieter Koen Familie Piekniek
Sat Mar 26, 09:00 - Sat Mar 26, 22:00
Henbase Lodge
ABOUT
Hier's ons weer!
Slaggereed en reg om met alles wat ons het en om met alles waarmee ons kan, saam met jou 'n piekniek te hou nés ons almal daaraan gewoond geraak het oor die laaste paar jare. Pen sommer NOU al die datum vas - Saterdag 26 Maart 2022 is wanneer ons weer behoorlik gaan kuier en feesvier! Henbase Lodge in Mpumalanga is die plek waar jy ook gaan WIL en moet wees!
'n Geleentheid met alles gereed en daar vir jou om hierdie kuier in te kleur vir 'n onvergeetlike ervaring.
Ons gaan dit selfs LEKKERDER maak as die heel eerste piekniek jare terug in 2014. Jy bring jou eie kampeerstoel of val met jou bas op 'n baal, onthou 'n hoed en sonbrand room vir die hoëveldse son as jy al van vroegdag af saam met ons wil kom kuier, nooi jou familie,vriende en kennisse en kom geniet 'n heerlike dag saam met ons en van ons land se opwindendste kunstenaars. Jy lees reg ja - 10 Kunstenaars, lowergroen grasperke, vermaak vir jonk en oud, 'n verskeidenheid kos en ander stalletjies met alles en nog wat, 'n biertuin met die perferkte ys-koue verversings wat lafenis vir jou keel gaan bied, asook Pieter Koen en sy vriende op en van die verhoog af saam met jou om hierdie 'n dag te maak om vir lank nog te onthou. Hekke open so vroeg as 9uur die oggend en die vermaak op die verhoog skop 2uur die middag af.
Kry al JOU mense en kom kuier saam - ons was mos nou lank genoeg "gehok" gewees - kom sprei jou vlerke en doen waarvoor ons as Suid-Afrikaners bekend en voor lief is... kuier en saamwees!
R200 is jou algemene toegang tot die piekniek.
Die alternatiewe keuse sou jy jou eie piekniekmandjie of koelboks saam neem is R350. Dit is 'n addisionele R150 per mandjie of koelboks tot jou algemene toegangsfooi - maar hoekom die moeite doen as ons vir jou gaan regstaan by die biertuin?
Kinders onder en tot en met 12 jaar oud is GRATIS
Beperkte BBP kaartjies is ook daar @R800 per persoon. Dit gaan jou toegang gee tot 'n spesiale area met 'n ete en verversings vir die dag ingesluit.
Piekniek en uitstallers navrae:
071 683 0661
Verblyf navrae:
081 043 4448
SIEN JOU DAAR!
(Die Familie Piekniek en Henbase Lodge voldoen aan die Cocid-19 regulasies. Terme en voorwaardes geld)