Family friendly

Trapsittings! (met Edrien Erasmus en Rika Nieuwoudt) (Toneelstuk)

Fri Dec 3, 19:00 - Fri Dec 3, 21:00

Centurion Theatre

ABOUT

Trapsittings


Daar is min dinge so onaanskoulik soos ’n mislikke of kwaai vrou, maar daar is ook min dinge so mooi soos vriendinne wat mekaar se krag en vroulikheid vier. Trapsittings volg die verhaal van twee vriendinne, hulle hartseer en vreugde deur ’n jare lange “toevallige” vriendskap. Van troues, tot dronk word, tot baba’s hê tot mense aan die dood afstaan. Wilmien en Magriet stap die pad al lank saam met mekaar. Beste vriendinne, Susters en Steunpilare. Die hegte vriendskap begin op ’n trappie by ’n kunstefees en deur die jare is dit gereeld hulle gunsteling sitplek vir diep gesprekke. Humor en Huil is die hoof temas van hierdie splinternuwe toneelstuk wat by die Centurion Teater debuteer.  


Meer oor die kunstenaars


Rika Nieuwoudt is ’n Tv aanbieder en aktrise. Sy was al te sien op Virsekerbeker en meer onlangs as die karakter Jolene op Binnelanders. Sy doen gereeld stemwerk vir verskeie radiostasies en was anbieder by Lekker FM. Sy het haar eie aanlyn geselsprogram “Loopbaanreis met Rika” 


Edrien Erasmus is ’n Sangeres, Tv aanbieder en Aktrise. Sy was te sien in verskeie Teater Produksies, Musiekblyspele en ’n rits televisie reekse en films oor die afgelope 18 jaar. Haar mees onlangse verskynings was as die Sielkundige Liezl in Binnelanders en sy is ook die aanbieder van die gewilde Kyknet Reeks “Die Groenste Vingers”.


DIRECTIONS

Trapsittings! (met Edrien Erasmus en Rika Nieuwoudt) (Toneelstuk)
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions