No under 13s

Kameras Konserte & Kleedkamers met Lizz Meiring: Durban

Wed Dec 1, 19:30 - Wed Dec 1, 20:45

On Stage at Altitude

ABOUT

‘n Reisende eenvrouvertoning deur deur die sweetheart van Suid-Afrika – die nimlike Lizz Meiring.


In 2021 vier aktrise, regisseur, skrywer, stemkunstenaar, vervaardiger en tv aanbieder - Lizz Meiring - 37 jaar in die vermaaklikheidbedryf. Van Lady Macbeth tot ’n singende Australiese "pop up toaster” - Lizz het al alles gespeel. Bykans 2000 produksies later voel sy nog steeds onverdund hartstogtelik oor haar beroep en die meelopers in die UItvoerende Kunste.


In Kameras, Konserte & Kleedkamers - ’n klets en skets konsert - vertel Lizz van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe, die chaos en kreatiwiteit, die beroemdes en berugtes, die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise. Sy onthul die ver paaie se reis - plaaslik en internasionaal, die vreemde kleedkamers, die verhoë, film en tv stelle, die soms vreemde gedrag van gehore, luisteraars, kykers en bewonderaars.


In die uiters vermaaklike stuk, vol verrassings oor die vermaaklikheidsbedryf, kry die gehoor ’n agter-die-skerms ervaring soos nog nooit vantevore. Daar is ook fiktiewe karakters en sketse. ’n Stroom karakters uit haar skeppende skatkis maak hul opwagting - dis vars, slim, snaaks en soms meer ernstig. Dis oorspronklik, deernisvol en uiteindelik die storie van oorleweing en belewing - uiteindelik die verhaal van die aanslae, gelukskote, opslae en wenslae van die lewe - waarmee elkeen kan indentifiseer.


Krultoonlekker Afrikaans uit die boonste rake. 


Deure maak ‘n uur voor die vertoning oop (6.30nm) en die na afloop van die wat 60 minute-vertoning wat stiptelik om 7.30nm begin, kuier ons met heerlike Afrikaanse musiek vir ‘n bietjie veilige opskop en jol. 


Gaste sit aan tafels van 4/6 of 8 mense en is welkom om ‘n mandjie versnapperinge saam te bring. ‘n Kontantkroeg is vir is beskikbaar (so los liewers die botteltjies tuis – kurkas is betaalbaar op daardie skelm Merlot!)


Uiters STRENG Covid-19 gesonheidsmaatreels word gevolg.


OnStage@Altitude is gelee te Silwerlaan 25 - kort bokant Mr Price Home in Argyleweg - 'n kort eenrigtingstraat vanuit Umgeniweg (sien kaartaanwysings).


Veilige straatparkering met betroubare karwagte.- Uber/Boltritte word altyd aanbeveel. Ons is tog verantwoordelike mense after all!

DIRECTIONS

Kameras Konserte & Kleedkamers met Lizz Meiring: Durban
On Stage at Altitude
25 Silver Ave, Berea, 4001, South Africa
Get Directions