FREE OPTIONS

Digitale Learning Community 4 November 2021 | Een lewe van Integriteit: Die geheime én publieke lewe van ‘n gelowige

Thu Nov 4, 10:00 - Thu Nov 4, 12:00

Aanlyn

ABOUT

Ekerk bied graag ons laaste Digitale Learning Community aan vir 2021. Ons nooi jou graag na hierdie gratis geleentheid toe op Donderdag 4 November 2021.


Ons tema die oggend is "Een lewe van Integriteit: Die geheime én publieke lewe van ‘n gelowige" 


Jy word uitgenooi na hierdie Digitale Learning Community toe die 4de November 2021 van 10:00 - 12:00. 


'n Lewe van integriteit is van kardinale belang vir geestelike leiers asook vir elke gelowige. Die sinkronisering van ons publieke en geheime lewe volgens God se wil. Kom reis saam die oggend van die 4de November waar ons na verskeie geestelike leier luister en kyk die oggend wat gesels oor hierdie tema.


Ons sprekers vir hierdie geleentheid is:


Louie Giglio (Leier, Passion City Church, Atlanta) en hy gaan gesels via 'n video opname die oggend oor sy nuutste boek "The enemy at the table." Tydens hierdie sessie gaan hy 'n uiteensetting gee van maniere om in vrede en veiligheid 'n lewe van integriteit te leef in enige uitdagende omstandigheid of situasie.


Nelis Janse van Rensburg: (leraar Welgemoed Gemeente) gesels die oggend met ons regstreeks oor "Die geheime lewe van ‘n Christen(leier)".


Lettie Buchner (leraar: Wellington Moederkerk) se tema vir die oggend is "'n Lewe van integriteit: Van agter die skerms tot voor die skerms vir Christus".


Laastens gaan Stephan Joubert (ekerk) vir ons 'n paar riglyne gee van 1 Petrus en sy tema is "Om heilig te leef in ‘n onheilige lewe: Lesse uit 1 Petrus".

 

Tema: Een lewe van Integriteit: Die geheime én publieke lewe van ‘n gelowige.


Plek: Regstreeks deur middel van video (sodra daar geregistreer is sal 'n e-pos gestuur word met die skakel in asook jou unieke wagwoord om in te teken en saam te kyk die oggend. Indien jy nie die e-pos gekry het nie, asb kyk in jou spam of junk folder. So sal daar ook die oggend van die 4de November 'n sms gestuur word met dieselfde inligting om in te teken en saam te kyk die dag.)


Jy het net ‘n internet-konneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en die OPNAME GAAN SLEGS VIR 7 DAE NA DIE GELEENTHEID BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Ongelukkig gaan die VBO punte slegs toegeken kan word indien die regstreekse uitsending die oggend bygewoon word. Neem asb kennis dat alhoewel dit 'n gratis geleentheid is, jy asb moet registreer om die skakel na die geleentheid te kry en so ook na die opname te kyk. Geen registrasie, geen toegang.*


Tyd: 10:00 – 12:00


Datum: 4 November 2021


Koste: gratis. Neem asb kennis dat registrasie vir die geleentheid sluit 4 November 2021 om 07:00.


Daar sal 5 VBO-punte toegeken word vir die bywoning van hierdie regstreekse leer geleentheid. Daar gaan slegs VBO punte toegestaan kan word indien jy geregistreer het en indien die regstreekse uitsending die oggend bygewoon word.


* Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie