Rustenburg: Lollos Reënboogstories

Sun Oct 31, 10:00 - Sun Oct 31, 11:00

Woof-D-Doo Kids Party Venue

ABOUT

Die Lollos span besoek RUSTENBURG met hulle opwindende nuwe vertoning, genaamd Reënboogstories!"


MEER OOR DIE VERTONING:

Lollos se gunsteling kleur is Blou! Disco hou baie van Groen en Geel. Karla is MAL oor Rooi en natuurlik is Lettie se heel beste kleur: Pienk! In hierdie episode van Lollos en Lettie se manewales ontdek die span al die kleure van die Reënboog. Met elke nuwe kleur ontdek hulle ook ’n nuwe storie en met elke nuwe, opwindende storie leer hulle ietsie nuuts. Uiteindelik leer Lollos en Lettie dat elke kleur sy eie spesiale plekkie in die Reënboog het - en dit is eers wanneer al die kleure bymekaar kom dat die Reënboog kan skitter en skyn. 


Soos oudergewoonte van Lollos, is hierdie reënboog-avontuur ook propvol interaktiewe pret, grappies en baie danspassies wat enige kindergehoor op hulle voete sal hou en laat skaterlag van die begin tot die einde.


Dit beloof om een groot belewenis te wees vir die kinders; en die ouers sal dit ook geniet. Dis die perfekte geleentheid om ‘n lekker tyd saam met jou gesin te spandeer. Jy mag dit nie mis nie!


Maak seker jy stoor ons kontak nommer op jou selfoon, om op hoogte te bly van enige verwikkelinge - 065 298 3864.

 

KAARTJIES:

*BEPERKTE KAARTJIES IS BESKIKBAAR & COVID REGULASIES GELD

*Kaartjies is slegs beskikbaar op Quicket teen R100ppSien verskeie betaalopsies.

*Ouers en kinders betaal ongeag ouderdom. Babas onder 12 maande is gratis, maar vanaf 1 jaar val hulle binne die Lollos “brand” se teikenmark en benodig dus ‘n kaartjie. Elke persoon wat die vertoning bywoon moet egter ‘n kaartjie hê.

*Ons doen ongelukkig geen terugbetalings nie. Indien ons genoodsaak word om die vertoning aan te skuif weens Covid regulasies, sal u kaartjies geldig wees vir die nuwe datum.

 

WANNEER / WAAR:

Die vertoning sal plaasvind in RUSTENBURG, SONDAG, 31 Oktober 2021 om 10:00 by Woof-D-Doo Kids Party Venue ((Portion 248, Waterkloof, Rustenburg - agter Unicor Auctioneers). Indien u sukkel om die venue te vind, skakel gerus 079 885 3804.


SITPLEKKE:

Dit is ongereserveerde sitplekke.

Piekniek styl - jy is welkom om 'n kombersie te bring vir jou kind om op te sit.

Covid reëls geld.


IMPORTANT: Save and add this number on whatsapp so that we can keep you updated - KindervermaakSA 065 298 3864.

  •  Covid Regulations
  • Masks compulsary (adults & children above 6yrs)
  • Sanitise


Children under the age of 1year (12months) don't need a ticket. Everyone else would need a ticket to enter the event, both children and adults.

NO REFUNDS WILL BE MADE: Should the event not be able to continue due to lockdown restriction, the event date will move and your tickets will be valid for the new date.

LOLLOS & other merchandise products will be available on the day. Please bring cash.

 

TERMS & CONDITIONS:

By buying a ticket you automatically agree to the following terms & conditions:

  • You will adhere to Covid Regulations, wear a mask and sanitize
  • Every child must be accompanied by an adult. Your child is completely your own responsibility.
  • It's your responisibility to make sure that your child does not climb on the stage, they can get hurt.
  • No refunds - should the show not be able to continue due to lockdown restrictions, another date will be selected, and your tickets will be valid for the new date.


KINDERVERMAAK:

Like & Share our facebook and FOLLOW our instagram profile (KindervermaakSA) for other fun upcoming events and parties: www.facebook.com/kindervermaaksa

For any enquiries, please contact us at [email protected] / 065 298 3864 / 082 410 7682.


Sien julle daar!

WAT SÊ DIE LOLLOS SPAN?

LOLLOS - REëNBOOGSTORIES
Lollos se gunsteling kleur is Blou! Disco hou baie van Groen en Geel. Karla is MAL oor Rooi en natuurlik is Lettie se heel beste kleur: Pienk! In hierdie episode van Lollos en Lettie se 
manewales ontdek die span al die kleure van die Reënboog. Met elke nuwe kleur ontdek hulle ook ’n nuwe storie en met elke nuwe, opwindende storie leer hulle ietsie nuuts. Uiteindelik leer Lollos en Lettie dat elke kleur sy eie spesiale plekkie in die Reënboog het - en dit is eers wanneer al die kleure bymekaar kom dat die Reënboog kan skitter en skyn. 
Soos oudergewoonte van Lollos, is hierdie reënboog-avontuur ook propvol interaktiewe pret, grappies en baie danspassies wat enige kindergehoor op hulle voete sal hou en laat skaterlag van die begin tot die einde.

Hier is 'n paar vragies wat Lollos geantwoord het:
Lollos, is jy dan al elf? Of werk jare anders in Lallaland as op aarde? 
In Lalaland werk ons nie met jare nie, die lekker tye is baaaie lank en die hartseer tye is baie kort want die Foempies kom vee vinnig ons traantjies weg. Ek moes leer van dae, maande en jare toe ek eers op die aarde kom kuier het. Ek het sulke lekker liedjies geleer sing wat sommer vinnig vir my al die name van die dae, en al die maande van die jaar geleer het! Dit is veral lekker om dit saam met die maatjies te sing - dan leer hulle dit ook sommer dit in 'n japtrap saam!

Vir mense wat nog nooit van jou gehoor het nie, wie is jy? Ek en Lettie is Lalalanders. Ons kom van die planeet Lalaland af en kom kuier graag by ons aarde-maatjies omdat daar so baie wonderlike dinge is om te leer in julle wêreld. Die heel, heel lekkerste ding vir ons is om te kom sing en dans saam met al ons aarde maatjies en ons lekker vriende - Alta, Minki, Disco, Karla, Marli en Muisvriend!

Lettie, jy is Lollos se beste maat. Maar jy is ook 'n meisie in eie reg. Wil jy iets van jouself vertel? Oe la la! Ek het verskriklik baie om julle van myself te vertel! Ek is natuurlik Lalaland se Herwinkoningin, jy weet? Ek het 'n baie belangrike werk in Lalaland om seker te maak die Lalalanders pas hulle planeet mooi op deur hulle te leer van herwinning en hoe om hulle wêreld mooi skoon te hou! Ek is baie goed daarmee, hoor! En verder is ek 'n regte, egte ballerina! Ek is versot daarop om te kom dans hier by julle, ek het nou al die wonderlikste danspassies geleer en soos julle weet is ek ook 'n modeontwerper - jy kan gerus 'n spesiale Lettie-tutu vir jou kom koop by die konsert! Ek maak hulle self! Ag, ek is net so baie lief vir Lollos en vir die maatjies hier op aarde - om hier te kan kom kuier is vir my feno-mino-mino-minaal!

Is dit nie baie warm om so baie te dans nie? Wat is die lekkerste en die minste lekker van al die dansvertonings? Ag, dit maak nie saak om so bietjie warm te kry nie - om te dans is dan soveel pret! Die lekkerste is om te sien hoe gelukkig ons maatjies is as hulle kan saamdans en die slegste is dat die konsert nie vir ewig kan aanhou nie! 

Watter liedjies is vir jou die heel lekkerste? “Die kiem”, “Die paddakonsert”, “Bons dat die gons”, “Hoe maak die krokodil?”, “Spring op”, “Ek wil dans”, “Die disco jive” … en daar is nog so baie ... Ek weet nie watter een om te kies nie! Al ons heel lekkerste liedjies is daar! 

Is julle opgewonde vir die vertoning? Ja, verskriklik! Ons kan nie wag om saam met die maats lyfies te skud en te kuier nie! Ons hoop om hulle almal daar te sien.

WIE IS KINDERVERMAAK SUID-AFRIKA?

Ons is lief vir Afrikaans & glo dis belangrik om 'n goeie Afrikaanse musiek-en teater kultuur asook Christenskap by ons kleinspan te kweek. Ons bied topgehalte kindervertonings-en vermaak aan regoor Suid-Afrika. Kontak ons gerus indien jy 'n vertoning in jou dorp wil aanbied. [email protected]  / 065 298 3864 / 082 410 7682
Volg gerus ons facebook blad: 
https://www.facebook.com/kindervermaaksa/ 

OULIK IN AFRIKAANS