Family friendly

Vier jou Vrouwees-fotosessie

Sat Oct 16, 08:00 - Sat Oct 16, 17:00

Lanzerac wine estate

ABOUT

Vier jou Vrouwees-fotosessie


Ons bied weer ons suksesvolle Vier jou Vrouwees-fotosessies aan! Ons glo dat elke vrou ’n mooi, professionele foto van haarself moet hê sodat sy haarself kan sien soos die wêreld haar sien. So, op Saterdag 16 Oktober 2021 skep ons weer so ‘n geleentheid waar ons elke vrou spesiaal en mooi laat voel, want elke vrou IS spesiaal en mooi! Op hierdie manier bou ons voort op ons doel om vroue te bemagtig en aan te moedig om lief te wees vir hulself en hul vrouwees en unieke menswees te vier. 

 

Kom geniet ’n heerlike bederfdag saam met ons op die spoggerige Lanzerac landgoed in die hartjie van Stellenbosch waar elke vrou haar eie fotosessie in styl gaan hê. Ons het ’n professionele mooimaakspan wat jou hare en grimering gaan doen, modestillis, Carissa Bosman, gaan ’n handjie bysit om seker te maak dat jy voorbladmooi is, en internasionale model, Katryn Kruger, gaan help om jou gemaklik te laat voel voor die kamera. 

 

 

Kostes: R1 650 per persoon

 

Dit sluit in: 


  • die mooimaakspan (haarstilis, grimeerkunstenaar, modestilis); 
  • ’n professionele fotograaf;
  • koffie/tee/vonkelwyn; en
  • eetgoed van CaKe Patisserie Studio.


Daar is ook lekker pryse te wen (lucky draw)!

 

Elke vrou sal vyf foto’s ontvang. Indien jy meer foto’s wil hê, kan jy dit van die fotograaf bestel.


Groep-foto/dubbel-foto:

As jy 'n foto saam met jou ma/sussie/vriendin wil neem, koop asb. dan kaartjies met opeenvolgende tydgleuwe (bv. 08:00 en 08:30).

Julle sal dan jul eie vyf foto's kry, asook 'n vyf foto's van julle saam teen geen ekstra koste nie.

 

Die waarde van hierdie pakket is R5 000, so koop jou kaartjie nou vir slegs R1 650! Boonop maak jy ‘n bydrae tot ’n goeie doel, want ons skenk 10% van elke kaartjie wat verkoop word, aan CANSA, aangesien Oktober borskanker-bewusmakingsmaand is.


Wat om saam te bring:

Nader aan die dag sal jy 'n epos van Katryn kry met al die nodige inligting rondom die dag - wat om saam te bring en waar om te gaan.

 

Covid-19:

Ons is steeds op ons hoede en gewapen met genoeg handontsmettingsmiddel.

Lanzerac het al die nodige veiligheidsmaatreëls in plek, en dit sluit in dat jy nie die landgoed moet besoek as jy enige verkouesimptome het, in die 14 dae voor 16 Oktober positief getoets het vir Covid of as jy in kontak was met iemand wat in daardie tyd positief getoets het nie. En natuurlik – geen toegang sonder jou masker nie!

DIRECTIONS

Vier jou Vrouwees-fotosessie
Lanzerac wine estate
1 Lanzerac Rd, Karindal, Stellenbosch, 7600
Get Directions