Family friendly

Philippolis Storie Aand #1

Tue Dec 15, 18:30 - Tue Dec 15, 21:00

Karoo Artist's Café

ABOUT

As daar nou een goue draatjie is wat ons met mekaar verbind en soos ‘n brug tussen gister en vandag is, dan is dit stories. En as daar nou een dorp is wat skatryk is aan stories is dit die oudste nedersetting van die Vrystaat: die pragtige Karoodorp Philippolis.  En wié beter is daar dan nie as die langslewende burgers van die dorp om ons op ‘n storiereis te neem nie?


Karoo Artist’s Café bied met trots die heel eerste van ‘n reeks storie-aande oor die dorp wat ook verfilm gaan word, oor al die gebeurtenisse en oor die bekende, berugte en beroemde mense wat hier gewoon het (en steeds doen)!


Dit is ‘n groot voorreg om u uit te nooi om op Dinsdagaand, 15 Desember om 18h30 saam te kom kuier by die Karoo Artist’s Café in Tobie Muller Straat saam met die vertellers  van die eerste storie-aand: oom Attie Pienaar,  Koran en oom Jannie Cilliers. Dit gaan ‘n heerlike informele aand wees met ‘n kersligete, en jy is meer as welkom om jou eie drinkgoed saam te bring.


Covid maatreels word toegepas en daar sal slegs 20 mense toegelaat kan word.

DIRECTIONS

Philippolis Storie Aand #1
Karoo Artist's Café
26 Tobie Muller St, Philippolis, 9970
Get Directions