Family friendly

Vier jou Vrouwees-fotosessie

Fri Aug 21, 09:00 - Sat Aug 22, 17:00

Lanzerac

ABOUT

Vier jou Vrouwees-fotosessies


’n Fondsinsamelingsprojek ten bate van slagoffers van geweld teen vroue en kinders


Hierdie Vrouemaand wil ons vroue bemagtig deur vir hulle mooi foto’s van hulself te gee, en so ook fondse in te samel vir slagoffers van geweld teen vroue en kinders.


Kom geniet ’n heerlike dag saam met ons op die mooi Lanzerac landgoed in die hartjie van Stellenbosch waar elke vrou haar eie professionele fotosessie gaan hê. Ons het ’n span wat jou hare en grimering gaan doen en modestillis, Carissa Bosman, gaan ’n handjie bysit om te verseker dat jy goed en mooi voel voor die kamera. 


Ons glo dat elke vrou ’n mooi foto van haarself moet hê, sodat sy haarself kan sien soos die werêrld haar sien. Ons wil elke vrou spesiaal en mooi laat voel, omdat elke vroue spesiaal en mooi ís! So wil ons vroue bemagtig en hul aanmoedig om lief te wees vir hulself en hul unieke menswees en vrouwees te vier. 


Datums:

Vrydag 21 Augustus & Saterdag 22 Augustus


Waar:

Lanzerac wynplaas, Stellenbosch


Kostes:

R350 per persoon,


Dit sluit in: Die mooi-maak span (haarstilis, grimeerkunstenaar, modestilis), 

’n professionele fotograaf*, koffie/tee, eetgoed van CaKe Patisserie Studio en afslag by die beroemde Lanzerac Spa. Daar is ook lekker pryse te wen!


* Elke vrou sal drie foto’s ontvang, indien jy meer foto’s wil hê, kan jy ekstra koop by die fotograaf.


Covid:

Lanzerac het al die nodige veiligheidsmaatreëls in plek en ons sal ook sorg vir handontsmettingsmiddel. 

Moet asb. nie die dag bywoon as jy:

  • Verkouesimptome het
  • Positief getoets het vir Covid in die afgelope 14 dae
  • In kontak was met iemand wat positief getoets het vir Covid in die afgelope 14 dae

Onthou jou masker!

DIRECTIONS

Vier jou Vrouwees-fotosessie
Lanzerac
1 Lanzerac Rd, Karindal, Stellenbosch, 7600
Get Directions