ARCO GOES VINTAGE 11 JULIE R50

Sat Jul 11, 19:00 - Sat Jul 11, 20:00

Event is online

ABOUT

As jy die naam Arco Musica hoor, word jy dadelik herinner aan simfoniese klanke, vokale treffers en stylvolheid.

Arco Musica verstom gehore nou al vir meer as 25 jaar met talent en gehalte produksies vanuit eie bodem.

Dit is met die waardering vir uitstaande produksies dat Media24 Sentrale Streek besluit het om met Arco Musica hande te vat en ’n aanlyn-konsertreeks aan ons lesers te bring.Wat is op die spyskaart – topklas kunstenaars, klank en visuele ervaring.

Die eerste Magic of the Moment-konsert vind op 11 Julie om 19:00 aanlyn plaas. Dié konsert se tema is Arco Musica goes vintage. Soos die naam aandui sal daar terug gegaan word in tyd. Heelwat goue oues sal afgestof word vir ’n ware nostalgiese reis, ideaal vir ’n koue aand voor die kaggel.